Jeremiah 46:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die nasies het gehoor van jou skande, en jou geroep het die land gevul, want die held het teen die held gestruikel, en hulle het altwee saam geval.
Afrikaans (NLV) 2011 Die nasies het gehoor van jou skande. Jou uitroepe vul die aarde. Soldate val oor mekaar, hulle slaan saam neer.”
Afrikaans 1933/1953 Die nasies het van jou skande gehoor en die aarde is vol van jou geskreeu; want held het gestruikel teen held, hulle altwee het saam geval.
Afrikaans 1983 Die ander nasies hoor van jou vernedering, jou smartkrete vul die aarde. Soldaat na soldaat het geval, die een het met die ander saam gesneuwel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die nasies hoor van jou skande, jou gejammer vul die aarde; want helde struikel oor mekaar, al twee val saam.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volke op die hele aarde het gehoor toe jy die oorlog verloor en toe jy skree van die pyn, want jou soldate het oor mekaar geval en hulle het saam bly lê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die nasies het gehoor van die skande wat jou oorgekom het. Jou uitroepe van wanhoop word oral gehoor. Die een soldaat val teen die ander totdat hulle al twee saam neerslaan.”