Jeremiah 46:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Trek op na Gílead en neem balsem, o maagd, dogter van Egipte; tevergeefs sal jy baie medisyne gebruik; want jy sal nie genees word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Egipte, jy is soos ’n jong meisie. Gaan na Gilead en kry salf! Dit is eintlik tevergeefs, want daar is geen medisyne wat jou kan genees nie.
Afrikaans 1933/1953 Gaan op na G¡lead en gaan haal balsem, o jonkvrou, dogter van Egipte! Tevergeefs vermenigvuldig jy medisyne, daar is geen genesing vir jou nie.
Afrikaans 1983 Gaan na Gilead toe, Egipte, gaan haal balsem; jou baie medisynes help nie, jy word nie gesond nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Gaan op na Gilead en kry balsem, jongvrou, dogter van Egipte! Tevergeefs dat jy die medisyne meer maak; daar is geen herstel vir jou nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Egipte, jy moet na Gilead gaan en jy moet balsem gaan haal, al jou eie medisyne het nie gehelp nie, jy het nie gesond geword nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Egipte, jy wat soos ’n jongmeisie is, gaan Gilead toe en kry salf! Maar jy moet weet, al jou medisynes sal jou nie gesond maak nie.