Jeremiah 46:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want dit is die dag van die HERE HERE van die leërskare, 'n dag van wraak, dat Hy hom kan wreek aan sy teëstanders; en die swaard sal verteer en dit sal versadig word en dronk word van hulle bloed; het 'n offer in die noordelike land by die Eufraatrivier. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie is die Dag van die oppermagtige Here, die Almagtige. Dit is ’n dag van vergelding, om jou te wreek op jou vyande. Die swaard sal doodmaak totdat dit genoeg het, versadig is van julle bloed! Dit is ’n offer vir die oppermagtige Here, die Almagtige, in die noordelike gebied, langs die Eufraatrivier. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die dag behoort aan die Here HERE van die leërskare, 'n dag van wraak, om wraak te neem op sy teëstanders; en die swaard sal verslind en versadig en dronk word van hulle bloed; want die Here HERE van die leërskare het 'n slagoffer in die Noordland, by die Eufraatrivier. |
| Afrikaans 1983 | Dié dag behoort aan die Here, die Here die Almagtige. Dit is 'n dag van wraak waarop Hy Hom op sy vyande gaan wreek. Die swaard sal oorgenoeg kry, hy sal dronk word van hulle bloed: daar is 'n offerfees vir die Here, vir die Here die Almagtige, daar in die noordland, op die oewer van die Eufraat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierdie dag behoort aan my Heer, die Here, Heerser oor alle magte – 'n dag van wraak om Hom te wreek op sy teenstanders. Die swaard sal verslind en versadig wees, hom vol drink aan hulle bloed. Ja, 'n offerfees is daar vir my Heer, die Here, Heerser oor alle magte, in 'n land in die noorde by die Eufraatrivier. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar daardie dag behoort aan die Here, die Here wat oor alles regeer, dit is die dag wanneer Hy sy vyande wil straf. Die vyande sal baie soldate doodmaak, die bloed sal vloei, want dit sal 'n offer wees in die land in die noorde, by die Eufraat-rivier, 'n offer vir die Here, die Here wat oor alles regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie dag is die dag van die Here. Hy is sterker as alles en almal. Dit is ’n dag om wraak te neem op sy vyande en hulle terug te betaal. Dit sal ’n bloedige geveg wees. Baie mense sal doodgaan. Die groot klomp mense van die vyand wat in die noordelike deel van die land op die oewer van die Eufraatrivier sal omkom, sal vandag vir die Here wees soos offers wat gebring word. |