Jeremiah 45:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So moet jy vir hom sê: So spreek die HERE; Kyk, wat Ek gebou het, sal Ek afbreek, en wat Ek geplant het, sal Ek uitruk, ja, hierdie hele land.
Afrikaans (NLV) 2011 “Sê vir hom die Here sê: Ek is nou besig om hierdie volk af te breek wat Ek opgebou het. Wat Ek geplant het, gaan Ek ontwortel. So sal dit oor die hele land gebeur.
Afrikaans 1933/1953 So moet jy vir hom sê: So spreek die HERE: Kyk, wat Ek gebou het, breek Ek self af; en wat Ek geplant het, ruk Ek self uit; en dit betref die hele aarde.
Afrikaans 1983 Die Here sê ek moet vir jou sê: So sê die Here: Wat Ek gebou het, slaan Ek plat; wat Ek geplant het, ruk Ek uit. Dit het gebeur met 'n hele land.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “So moet jy vir hom sê, ‘So sê die Here: “Kyk, wat Ek gebou het, gaan Ek afbreek, en wat Ek geplant het, gaan Ek uitruk – hierdie hele land.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar my boodskap vir jou is: Ek breek af wat Ek gebou het, en Ek ruk uit wat Ek geplant het. Ek doen dit in die hele land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Baruk, dit is wat die Here sê: ‘Ek is nou besig om af te breek wat Ek self opgebou het. Ek gaan die mense van Juda uitroei soos Ek ’n boom uit die grond sal uittrek, wortel en al. So sal dit oor die hele land gaan.