Jeremiah 45:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U het gesê: Wee my nou! want die HERE het droefheid by my droefheid gevoeg; Ek het flou geword in my gesug, en ek vind geen rus nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy het gesê: ‘Dit is klaarpraat met my! Ek kry alreeds so swaar en dan maak die Here my pyn net nog meer. Ek is al so moeg van my eie gesug, ek kan net nie rus vind nie.’
Afrikaans 1933/1953 Jy sê: Wee my tog, want die HERE het kommer aan my smart toegevoeg; ek is moeg van my gesug en vind geen rus nie!
Afrikaans 1983 Jy sê dit is klaar met jou, die Here het nog meer lyding by jou smart gevoeg, jy is al uitgeput van kla, jy kry nie rus nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ‘Jy sê: “Wee my! Want die Here het droefheid by my smart gevoeg. Ek is moeg van my gesug, en ek kry geen rus nie.” ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy sê dit gaan sleg met jou, want die Here laat jou nog meer swaarkry. Jy hou aan kla en jy is moeg daarvan, jy kan nie rus nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy het gesê: ‘Dit is klaarpraat met my! Ek kry alreeds so swaar en dan maak die Here my probleme net nog meer. Ek is al so moeg van my eie gesug en gekla, ek kan net nie rus kry nie.’