Jeremiah 45:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die woord wat die profeet Jeremia met Barug, die seun van Nería, gespreek het toe hy hierdie woorde in 'n boek geskrywe het by die mond van Jeremia, in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josia, die koning van Juda, en gesê: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jeremia het ’n boodskap vir Baruk seun van Nerija gegee. Dit was in die vierde jaar wat Jojakim seun van Josia koning van Juda was. Dit was net nadat Baruk alles neergeskryf het wat Jeremia vir hom dikteer het. Hy het gesê: |
| Afrikaans 1933/1953 | Die woord wat die profeet Jeremia aan Barug, die seun van Ner¡a, meegedeel het toe hy hierdie woorde uit die mond van Jeremia in 'n boek geskrywe het, in die vierde jaar van Jojakim, die seun van Jos¡a, die koning van Juda: |
| Afrikaans 1983 | 'n Woord van die profeet Jeremia aan Baruk seun van Nerija, toe Baruk opgeteken het wat Jeremia vir hom gedikteer het. Dit was in die vierde regeringsjaar van koning Jojakim van Juda, seun van Josia. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die woord wat die profeet Jeremia vir Barug, seun van Nerija, gesê het toe hy hierdie woorde uit die mond van Jeremia in 'n •boekrol geskryf het in die vierde regeringsjaar van Jojakim, seun van Josia, koning van Juda: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die profeet Jeremia het 'n boodskap gebring vir Baruk seun van Nerija. Dit was in die tyd toe Baruk al hierdie dinge geskryf het op die boekrol, alles wat die profeet vir hom gesê het. Dit was in die vierde jaar nadat Jojakim seun van Josia koning van Juda geword het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jeremia het ’n boodskap vir Baruk die seun van Nerija gegee. Dit was in die vierde jaar wat Jojakim, die seun van Josia, koning van Juda was. Dit was net nadat Baruk alles neergeskryf het wat Jeremia hom voorgesê het om te skryf. Hy het gesê: |