Jeremiah 44:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Het julle die boosheid van julle vaders vergeet en die boosheid van die konings van Juda en die boosheid van hulle vroue en julle eie boosheid en die boosheid van julle vroue wat hulle in die land Juda en in die land gedoen het strate van Jerusalem? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Het julle al klaar die kwaad vergeet wat julle voorouers gedoen het? Het julle vergeet van die slegte dinge wat die konings van Juda en hulle vroue gedoen het? En wat van die verkeerde goed wat julle en julle vroue in Juda en Jerusalem gedoen het? |
| Afrikaans 1933/1953 | Het julle vergeet die booshede van julle vaders en die booshede van die konings van Juda en die booshede van hulle vroue en julle eie booshede en die booshede van julle vroue wat hulle bedryf het in die land Juda en op die strate van Jerusalem? |
| Afrikaans 1983 | Het julle vergeet van die sonde wat julle voorvaders en die konings van Juda en hulle vrouens gedoen het en wat julle self en julle vrouens gedoen het in Juda en op die strate van Jerusalem? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Het julle die booshede van julle voorouers vergeet en die booshede van die konings van Juda en die booshede van hulle vroue, en julle eie booshede en die booshede van julle vroue wat hulle in die land Juda en in die strate van Jerusalem aangerig het? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Het julle die slegte dinge vergeet wat julle voorvaders en die konings van Juda en hulle vroue gedoen het in die land Juda en op die strate van Jerusalem? Julle en julle vroue het dit ook gedoen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Het julle al klaar die verkeerde dinge wat julle voorouers gedoen het, vergeet? Het julle van die verkeerde goed vergeet wat die konings en koninginne van Juda gedoen het? En wat van die verkeerde dinge wat julle en julle vroue in Juda en Jerusalem gedoen het? |