Jeremiah 44:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Deurdat julle My tot toorn verwek deur die werke van julle hande, deur wierook te laat opgaan vir ander gode in Egipteland waarheen julle gegaan het om te woon, om julleself uit te roei en 'n vloek en smaad te wees onder al die nasies van die aarde? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoekom maak julle My kwaad met afgode wat julle self gemaak het? En dan brand julle ook nog wierook vir ander gode, hier in Egipte waar julle kom woon het! In die proses vernietig julle julleself. Die volke van die wêreld sien julle as ’n vloek of spot met julle. |
| Afrikaans 1933/1953 | deurdat julle My terg met die werke van julle hande, om vir ander gode rook te laat opgaan in Egipteland waar julle gekom het om as vreemdelinge te vertoef, sodat julle julself uitroei en 'n voorwerp van vervloeking en van smaad onder al die nasies van die aarde word? |
| Afrikaans 1983 | Julle tart My met wat julle doen, julle offer aan ander gode hier in Egipte waar julle kom woon het. So roei julle julleself uit en sal die mense op die hele aarde julle name as voorbeelde gebruik wanneer hulle mekaar iets slegs wil toewens of wil verneder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle doen dit deur My te tart met die werk van julle hande, deur vir ander gode offers te verbrand in Egipteland, waarheen julle gekom het om as •vreemdelinge te woon, sodat julle julleself sodoende uitroei en 'n vervloeking en bespotting word onder al die nasies van die wêreld. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle maak My kwaad wanneer julle dit doen. Julle wil in die land Egipte gaan woon en julle wil daar vreemdelinge wees. Julle wil daar vir ander gode wierook-offers bring. Julle sal sterf. Wanneer mense ander mense wil vervloek en spot, dan sal hulle júlle naam gebruik. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoekom maak julle My kwaad met afgode wat julle self gemaak het? En dan brand julle ook nog wierook vir ander gode hier in Egipte waar julle kom bly het! Al wat sal gebeur, is dat julle julleself sal vernietig. Die volke van die wêreld sal julle naam gebruik om mekaar te vloek of met julle te spot. |