Jeremiah 44:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom nou, so sê die HERE, die God van die leërskare, die God van Israel; Daarom, doen hierdie groot onheil teen julle siele, om man en vrou, kind en suigeling, uit Juda uit te roei, om vir julle niemand te laat oorbly nie;
Afrikaans (NLV) 2011 “En nou vra die Here, die Almagtige, die God van Israel, vir julle: Hoekom bring julle so ’n groot onheil oor julleself? Nie een van julle sal oorleef nie, nie enige man, vrou, kind of suigeling wat van Juda af kom nie. Niemand sal oorbly nie.
Afrikaans 1933/1953 So sê dan nou die HERE, die God van die leërskare, die God van Israel: Waarom berokken julle julself 'n groot onheil om onder julle man en vrou, kind en suigling uit Juda uit te roei, om vir julle niemand te laat oorbly nie,
Afrikaans 1983 So sê die Here die almagtige God, die God van Israel: Waarom bring julle die groot ramp oor julleself, oor elke man en vrou, elke kind en suigling uit Juda, sodat daar niks van julle oor is nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Daarom, so sê die Here, die God van alle magte, die God van Israel, ‘Waarom doen julle julleself so 'n groot skade aan deur man en vrou, kind en suigeling uit Juda uit te roei, en so vir julle nie eers 'n oorblyfsel oor te laat nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En nou sê die Here, die God wat oor alles regeer, die God van Israel: Hoekom doen julle hierdie ding wat baie sleg sal wees vir julleself? Julle sal al die mans en vroue en kinders van Juda laat sterf, en daar sal niemand oorbly nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En nou vra die Here wat die God van Israel is, vir julle: “Hoekom bring julle so ’n slegte ding oor julleself? Nie een van julle sal oorleef nie. Nie enige man, vrou of kind wat van Juda af kom, sal oorleef nie. Niemand sal oorbly nie.