Jeremiah 44:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom is my grimmigheid en my toorn uitgestort, en dit is ontvlam in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem; en hulle is verwoes en verlate soos dit vandag is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom het my woede oorgeborrel en gevlam teen die dorpe van Juda en die strate van Jerusalem. Nou is hierdie plekke net verlate bouvalle. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom is my grimmigheid en my toorn uitgestort en het dit gebrand in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem, sodat hulle 'n puinhoop, 'n wildernis geword het soos dit vandag is. |
| Afrikaans 1983 | Daarom het my gramskap en my toorn ontvlam. Dit het gebrand in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem, en die stede het puinhope geword, verlate soos hulle vandag is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My woede en my toorn het toe uitgebars en gebrand in die dorpe van Juda en die strate van Jerusalem, en dit het puinhope en woestenye geword, soos dit vandag is.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het baie kwaad geword en Ek het die mense gestraf in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem. Die stede het hope klippe geword, niemand woon daar nie. Dit is vandag nog so. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is daarom dat my woede oorgeborrel het en soos vuur geval het op die stede van Juda en in die strate van Jerusalem. Nou is hierdie plekke net ’n hoop verlate bourommel.” |