Jeremiah 44:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hulle het nie geluister en nie hul oor geneig om hulle van hul boosheid te bekeer nie, om vir ander gode geen reukwerk te laat opgaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar hulle wou nie luister of gehoor gee en ophou om verkeerd te doen nie. Hulle het net aangehou om wierook vir ander gode te brand.
Afrikaans 1933/1953 Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee om hulle van hul boosheid te bekeer nie, om vir ander gode geen rook te laat opgaan nie.
Afrikaans 1983 Maar julle het nie geluister nie, nie gehoor gegee en julle van julle sonde bekeer en opgehou om wierookoffers vir ander gode te bring nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hulle het nie geluister nie en nie gehoor gegee deur hulle van hulle boosheid te bekeer om nie vir ander gode offers te verbrand nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar julle was nie gehoorsaam nie, julle het nie geluister nie en julle het nie opgehou om die slegte dinge te doen nie. Julle het aangehou om vir ander gode wierook-offers te bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar my mense wou nie luister nie en wou nie ophou om verkeerd te doen nie. Hulle het net aangehou om wierook vir hierdie gode te brand.