Jeremiah 44:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Ek het al my knegte, die profete, na julle gestuur, vroeg opgestaan en hulle gestuur en gesê: Ag, moenie hierdie gruwel wat Ek haat nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hoeveel keer het Ek nie my diensknegte — die profete — gestuur om hulle te smeek en te sê: Moenie hierdie afskuwelike dinge doen wat Ek so haat nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek het na julle gestuur al my knegte, die profete, vroeg en laat, om te sê: Moet tog nie hierdie gruwelike saak wat Ek haat, doen nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek het my dienaars die profete almal na julle toe gestuur, vroeg en laat, en vir julle gesê: Moenie die afskuwelike dinge doen nie. Ek haat dit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het aanhoudend al my diensknegte, die profete, na julle gestuur om te sê: “Moet tog nie hierdie afstootlike ding doen wat Ek haat nie!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het aangehou om al my dienaars, die profete, na julle toe te stuur en Ek het vir julle gesê: Asseblief, julle moenie al hierdie slegte dinge doen nie, Ek haat dit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoeveel keer het Ek nie my profete gestuur om hulle te smeek om nie hierdie afskuwelike dinge te doen wat Ek so haat nie. |