Jeremiah 44:30 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Ek gee farao Hofra, koning van Egipte, oor aan sy vyande wat hom wil doodmaak, nes Ek koning Sedekia van Juda oorgegee het aan koning Nebukadnesar van Babel, wat hom wou doodmaak.’ Dit is wat die Here sê!”
Afrikaans 1933/1953 so sê die HERE: Kyk, Ek gee Farao Hofra, die koning van Egipte, in die hand van sy vyande en in die hand van die wat sy lewe soek, soos Ek Sedek¡a, die koning van Juda, gegee het in die hand van Nebukadr,sar, die koning van Babel, sy vyand, wat ook sy lewe gesoek het.
Afrikaans 1983 So sê die Here: Ek gaan die farao, koning Gofra van Egipte, oorgee in die mag van sy vyande, in die mag van dié wat sy lewe soek, net soos Ek vir koning Sedekia van Juda oorgegee het in die mag van sy vyand, die man wat sy lewe gesoek het, koning Nebukadnesar van Babel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê die Here: ‘Kyk, Ek gaan farao Hofra, koning van Egipte, oorgee in die hand van sy vyande en in die hand van hulle wat sy lewe soek, soos Ek Sedekia, koning van Juda, oorgegee het in die hand van Nebukadresar, die koning van Babilonië, sy vyand, wat sy lewe gesoek het. ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal nie die farao Gofra, die koning van Egipte, help nie. Hy sal die oorlog verloor teen sy vyande wat hom wil doodmaak, soos Ek ook nie vir koning Sedekia van Juda gehelp het nie, hy het ook die oorlog verloor teen koning Nebukadnesar van Babel, sy vyand wat hom wou doodmaak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Farao Gofra is die koning van Egipte. Ek sal met hom maak net soos Ek met koning Sedekia gemaak het. Ek het Sedekia aan koning Nebukadnesar van Babel oorgegee. Hy was Sedekia se vyand en wou hom graag dood hê. Ek sal Gofra net so aan sy vyande oorgee wat hom so graag wil doodmaak.” Dit is wat die Here sê!