Jeremiah 44:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vanweë hulle boosheid wat hulle begaan het om My te terg, deurdat hulle gegaan het om reukwerk te laat opgaan en ander gode te dien wat hulle nie geken het nie, nie hulle nie, ook nie julle en julle vaders nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die slegte dinge wat hulle gedoen het, het My baie kwaad gemaak. Hulle het ander gode aanbid en vir hulle wierook gebrand. En dit nog vir gode wat nie hulle of hulle voorouers ooit geken het nie!
Afrikaans 1933/1953 weens hulle boosheid wat hulle bedryf het, om My te terg deur heen te gaan om rook te laat opstyg en ander gode te dien wat hulle nie geken het, hulle, julle en julle vaders nie.
Afrikaans 1983 Dit het gebeur omdat julle en julle voorvaders gesondig het en My in my eer gekrenk het toe julle vir ander gode wierookoffers gebring en hulle gedien het, gode van wie julle nie voorheen geweet het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) vanweë die kwaad wat hulle gedoen het deur My te tart, deur offers te gaan verbrand en ander gode te dien wat hulle nie geken het nie, nie hulle nie, nie julle nie, en ook nie julle voorouers nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het dit gedoen omdat die mense sonde gedoen het. Hulle het My geterg, hulle het wierook-offers gebring en hulle het ander gode gedien wat hulle voorheen nie geken het nie. Julle en julle voorvaders het dit gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het, het My baie kwaad gemaak. Hulle het sowaar gegaan en vir ander gode wierook gebrand en hulle aanbid. En dit nog vir gode wat nie hulle of hulle voorouers ooit geken het nie.