Jeremiah 44:29 — Compare Translations
6 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (NLV) 2011 | “‘Die bewys daarvan sal wees dat alles wat Ek gedreig het om te doen, met julle sal gebeur. Ja, Ek sal julle hier in Egipte straf. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit sal vir julle die teken wees, spreek die HERE, dat Ek oor julle besoeking sal doen in hierdie plek, sodat julle kan weet dat my woorde sekerlik teen julle sal bestaan ten kwade -- |
| Afrikaans 1983 | Ek sal vir julle 'n teken gee dat Ek julle gaan straf in hierdie plek, sê die Here, straf sodat julle sal besef dat my woorde vasstaan, julle ten kwade. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En dit sal vir julle die teken wees,’ is die uitspraak van die Here, ‘dat Ek van julle rekenskap eis op hierdie plek, sodat julle kan weet dat my woorde wat ten kwade teen julle gerig is, beslis sal standhou.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal julle straf op hierdie plek, sodat julle kan weet dat Ek met julle sal doen wat Ek sê, dit is seker. Ek gee vir julle hierdie teken: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die bewys daarvan sal wees dat alles wat Ek gedreig het om te doen, met julle sal gebeur. Ja, Ek sal julle hier in Egipte straf. |