Jeremiah 44:28 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Net ’n baie klein klompie sal die dood vryspring en uit Egipte na Juda terugkeer. Die groepie Judeërs wat na Egipte gevlug het, sal uitvind wie die waarheid gepraat het en wie nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar die wat van die swaard vryraak, sal uit Egipteland terugkom in die land Juda, min in getal; so sal dan die hele oorblyfsel van Juda wat in Egipteland gekom het om daar as vreemdelinge te vertoef, weet wie se woord sal bestaan, myne of hulle s'n.
Afrikaans 1983 Dié wat aan die oorlog ontkom en uit Egipte na Juda toe terugkom, sal min wees. Almal wat van Juda oor is en in Egipte kom woon het, sal tot die besef kom wie se woord bly staan, Myne of hulle s'n.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En hulle wat aan die swaard ontkom, net 'n paar, sal uit Egipteland na die land Juda terugkeer. Die hele oorblyfsel van Juda wat na Egipteland gekom het om as vreemdelinge daar te woon, sal dan weet wie se woord standhou, myne of hulle s'n.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Judeërs wat nie in die oorlog sterf nie en wat terugkom na die land Juda, sal min wees. Almal wat oorgebly het en wat na Egipte gekom het om hier vreemdelinge te wees, sal dan weet wie het die waarheid gepraat, Ek of hulle. “Die Here sê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “Net ’n baie klein klompie van hulle sal nie doodgaan nie en na Juda toe terugkom. Hulle sal op die ou einde weet dat Ek die waarheid gepraat het en nie hulle nie.