Jeremiah 44:27 — Compare Translations
6 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal sorg dat dit met julle sleg gaan. Niks goeds gaan met julle gebeur nie; oorloë en hongersnood sal julle tref. Dit sal aanhou totdat niemand van julle meer in Egipte oor is nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, Ek is wakker oor hulle ten kwade en nie ten goede nie; en al die manne van Juda wat in Egipteland is, sal deur die swaard en die hongersnood omkom, totdat dit met hulle gedaan is. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal noulettend na julle kyk, ten kwade, nie ten goede nie, en elke Judeër in Egipte sal omgebring word: deur oorlog, deur hongersnood, totdat daar niemand oor is nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, Ek waak oor hulle ten kwade en nie ten goede nie. Al die mans van Juda wat in Egipteland is, sal deur die swaard en hongersnood omkom, totdat hulle vernietig is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is nou gereed om hulle te straf, nie om goed te doen aan hulle nie. Elke Judeër in die land Egipte sal sterf in oorlog of van honger, almal sal sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal sorg dat dit met julle sleg gaan. Niks goeds gaan met julle gebeur nie. Julle sal in oorloë kom en ’n skaarste aan kos hê. Dit sal aanhou totdat niemand van julle meer in Egipte oor is nie.” |