Jeremiah 44:25 — Compare Translations
6 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: Julle en julle vroue het mos gesê dat julle nooit sal ophou om die godin van die hemel te vereer nie. Dit is duidelik uit alles wat julle sê en doen. Hou by julle beloftes aan haar en doen wat julle gesê het julle gaan doen! |
| Afrikaans 1933/1953 | So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel, en sê: Julle en julle vroue, julle het dan met julle mond gespreek en dit met julle hande in vervulling laat gaan, terwyl julle sê: Ons sal ons geloftes wat ons gedoen het, stellig hou om rook te laat opgaan vir die hemelkoningin en vir haar drankoffers uit te giet -- bevestig dan nou maar julle geloftes, ja, hou nou maar julle geloftes! |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Julle en julle vrouens het gedoen wat julle beloof het. Julle het gesê julle sal bly by julle belofte om vir die hemelkoningin wierookoffers en drankoffers te bring. Hou by julle belofte, hou daarby, doen wat julle beloof het, doen dit! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel, ‘Julle en julle vroue, julle het met julle eie monde verklaar en dit met julle hande uitgevoer: “Ons sal beslis ons geloftes wat ons afgelê het, nakom om vir die koningin van die hemel offers te verbrand en vir haar drankoffers uit te giet.” Doen dan julle geloftes beslis gestand! Voer julle geloftes beslis uit!’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Wat julle monde sê, dit doen julle hande. Julle sê julle sal doen wat julle belowe het, en julle sal vir die koningin van die hemel offers bring en drank-offers uitgooi, dit is seker. Nou moet julle doen wat julle belowe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: Julle en julle vroue het gesê dat julle nooit sal ophou om die godin van die hemel te vereer nie. Dit is duidelik uit alles wat julle sê en doen. Nou hou dan by julle beloftes aan haar en doen wat julle gesê het julle gaan doen! |