Jeremiah 44:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat julle reukwerk laat opgaan het, en omdat julle teen die HERE gesondig het en nie na die stem van die HERE geluister het en in sy wet en in sy insettinge en in sy getuienisse nie gewandel het nie; daarom het hierdie onheil oor julle gekom, soos dit vandag is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here bring hierdie onheil oor julle omdat julle wierook gebrand het. Julle het ook teen die Here gesondig deur aan Hom ongehoorsaam te wees. Hy het vir julle sekere reëls en riglyne gegee waarvolgens julle moes lewe, maar julle het julle nie daaraan gesteur nie.”
Afrikaans 1933/1953 omdat julle rook laat opgaan het en teen die HERE gesondig en nie na die stem van die HERE geluister het nie en in sy wet en in sy insettinge en in sy getuienisse nie gewandel het nie; daarom het hierdie onheil oor julle gekom soos dit vandag is.
Afrikaans 1983 Dit is omdat julle die wierookoffers gebring het en teen die Here gesondig het, omdat julle ongehoorsaam was aan die Here en nie geleef het volgens sy wet, sy voorskrifte en sy verordeninge nie, dat die ramp julle getref het soos dit vandag is!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Juis vanweë die feit dat julle offers verbrand het, en dat julle teen die Here gesondig en nie na die stem van die Here geluister het nie, en nie sy wet, sy vaste voorskrifte en sy bepalings gevolg het nie; ja, daarom het hierdie onheil julle getref soos dit vandag is.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het sonde gedoen teen die Here toe julle daardie offers gebring het. Julle het nie gedoen wat Hy vir julle in sy wette gesê het nie. Daarom gaan dit nou so sleg met julle.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here bring hierdie ellendes oor julle omdat julle wierook gebrand het. Julle het nie gedoen wat die Here van julle verwag nie. Hy het vir julle sekere reëls en riglyne gegee waarvolgens julle moes lewe, maar julle het julle nie daaraan gesteur nie.”