Jeremiah 44:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat die HERE dit nie meer kon verdra vanweë die boosheid van julle handelinge en vanweë die gruwels wat julle gedoen het nie; daarom is julle land 'n wildernis en 'n verbasing en 'n vloek, sonder inwoner, soos dit vandag is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here kon dit nie langer verduur dat julle hierdie slegte en ver-werplike dinge doen nie; daarom het Hy julle soos ’n vloekwoord gemaak. Dit is ook hoekom julle land vandag ’n bouval is. Dit is ’n verlate plek, sonder enige mense wat daarin woon.
Afrikaans 1933/1953 sodat die HERE dit nie langer kon verdra weens die boosheid van julle handelinge, weens die gruwels wat julle bedryf het nie. So het julle land dan 'n puinhoop geword en 'n voorwerp van verbasing en van vervloeking, sonder inwoners, soos dit vandag is;
Afrikaans 1983 Hy kon julle gruweldade, die afskuwelike dinge wat julle gedoen het, nie langer verdra nie. Daarom het julle land 'n puinhoop geword, iets wat mense met afgryse vervul en wat as voorbeeld genoem word wanneer mense ander iets slegs toewens, 'n land sonder inwoner, soos dit vandag is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here kon dit nie meer verduur nie, vanweë julle bose dade, vanweë die afstootlike dinge wat julle gedoen het. Toe het julle land 'n puinhoop, 'n woesteny en 'n vervloeking geword, sonder inwoners, soos dit vandag is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het ongeduldig geword omdat julle hierdie slegte dinge doen, dinge wat Hy haat, en daarom het julle land 'n hoop klippe geword waar niemand woon nie. Dit is iets wat mense noem wanneer hulle ander mense wil bangmaak of vervloek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here kon dit nie langer uitstaan dat julle hierdie slegte dinge doen nie; daarom het Hy julle soos ’n vloekwoord gemaak. Dit is ook hoekom julle land vandag ’n hoop bourommel is. Dit is ’n verlate plek, sonder enige mense wat daarin bly.