Jeremiah 44:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die reukwerk wat julle in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem laat opgaan het, julle en julle vaders, julle konings en julle vorste en die volk van die land, het die HERE nie daaraan gedink nie, en dit het nie ingekom nie en sy verstand? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dink julle die Here het nie geweet wat julle en julle voorouers in die dorpe van Juda en in die strate van Jerusalem gedoen het nie? Natuurlik het Hy geweet dat julle en julle voorouers, julle konings en leiers en al die ander mense wierook vir die afgode gebrand het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Aan die offerrook wat julle laat opgaan het in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem, julle en julle vaders, julle konings en julle vorste en die volk van die land -- het die HERE daaraan nie gedink nie en het dit nie in sy hart opgekom nie? -- |
| Afrikaans 1983 | “Het die Here nie juis gedink aan die wierookoffers wat julle in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem gebring het nie, julle en julle voorvaders, julle konings en julle amptenare, het Hy nie juis dít in ag geneem nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Die offers wat julle verbrand het in die dorpe van Juda en die strate van Jerusalem, julle en julle voorouers, julle konings en julle hoë amptenare en die volk van die land, het die Here nie daaraan gedink en het dit nie in sy gedagtes opgekom nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Die Here het gesien en Hy was baie hartseer oor die offers wat julle gebring het in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem, julle en julle konings en julle amptenare en al die mense van die land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dink julle die Here het nie geweet wat julle in die stede van Juda en in die strate van Jerusalem gedoen het nie? Natuurlik het Hy geweet dat julle en julle voorouers, julle konings en leiers en al die ander mense wierook gebrand het vir die afgode. |