Jeremiah 44:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel; Julle het al die onheil gesien wat Ek oor Jerusalem en oor al die stede van Juda gebring het; en kyk, hulle is vandag 'n wildernis, en niemand woon daarin nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: Julle het al die rampe gesien waarmee Ek Jerusalem en die dorpe van Juda getref het. Hulle lê nou verwoes; niemand woon meer daar nie.
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Julle het self gesien al die onheil wat Ek oor Jerusalem en oor al die stede van Juda gebring het; en kyk, hulle is vandag 'n puinhoop, sonder dat daar iemand in woon;
Afrikaans 1983 So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Julle het gesien watter rampe Ek alles oor Jerusalem en al die stede van Juda gebring het; hulle is vandag puinhope en daar woon niemand in hulle nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “So sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel, ‘Julle het self al die onheil beleef wat Ek oor Jerusalem en oor al die dorpe van Juda gebring het. Kyk, dit is vandag 'n puinhoop, met niemand wat daarin woon nie
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jeremia moes vir hulle sê: “Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Julle het self gesien wat Ek alles laat gebeur het met Jerusalem en met die stede van Juda. Daardie stede is nou net hope klippe, en niemand woon daar nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here is die God van Israel en is sterker as alles en almal. Hy sê: “Julle het al die slegte dinge gesien wat Ek Jerusalem en die stede van Juda laat oorkom het. Vandag lê hulle verwoes. Niemand bly meer daar nie.