Jeremiah 44:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe ons vir die hemelkoningin reukwerk laat opgaan het en vir haar drankoffers uitgegooi het, het ons vir haar koeke gemaak om haar te aanbid, en drankoffers vir haar uitgegooi sonder ons manne?
Afrikaans (NLV) 2011 Die vroue het bygevoeg: “Dit is so, ons het wierook vir die koningin van die hemel gebrand en drank ter wille van haar uitgegooi as ’n offer. Ons het selfs koekies gebak wat haar vorm het. Maar dink jy ons het dit gedoen sonder die medewete en hulp van ons mans?”
Afrikaans 1933/1953 En as ons vir die hemelkoningin rook laat opgaan en vir haar drankoffers uitgiet -- is dit dan sonder ons mans dat ons vir haar koeke maak om haar af te beeld en drankoffers vir haar uitgiet?
Afrikaans 1983 Die vrouens het bygevoeg: “Dink jy ons het sonder die medewete van ons mans vir die hemelkoningin wierookoffers gebring en drankoffers uitgegiet en vir haar offerkoekies gebak wat soos sy lyk?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die vroue het gesê: “En toe ons vir die koningin van die hemel offers verbrand en vir haar drankoffers uitgegiet het, het ons miskien sonder die medewete van ons mans vir haar stervormige koekies gemaak om haar af te beeld, en vir haar drankoffers uitgegiet?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vroue het gesê: “Ons mans het geweet ons bring offers vir die koningin van die hemel en ons gooi vir haar drank-offers uit. Hulle het geweet ons maak offer-koekies wat lyk soos die koningin van die hemel en ons gooi vir haar drank-offers uit.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die vroue het verder ook vir Jeremia gesê: “Dit is so, ons het wierook vir die koningin van die hemel gebrand en drank ter wille van haar uitgegooi as ’n offer. Ons het selfs koekies gebak wat haar vorm het. Maar dink jy dat toe ons dit gedoen het ons mans nie deel daarvan was nie?”