Jeremiah 44:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar vandat ons opgehou het om vir die hemelkoningin reukwerk te laat opgaan en vir haar drankoffers uit te giet, het ons alles gekort en is ons deur die swaard en deur die hongersnood verteer.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar vandat ons opgehou het om wierook vir die koningin van die hemel te brand en drank uit te gooi, het ons alles verloor. Ons het in oorloë en van honger doodgegaan.”
Afrikaans 1933/1953 Maar vandat ons opgehou het om vir die hemelkoningin rook te laat opgaan en vir haar drankoffers uit te giet, het ons aan alles gebrek gehad en het ons deur die swaard en die hongersnood omgekom.
Afrikaans 1983 Dit is vandat ons opgehou het om vir die hemelkoningin wierookoffers te bring en drankoffers uit te giet dat ons aan alles gebrek het en dat ons sterf deur oorlog en deur hongersnood.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar vandat ons opgehou het om vir die koningin van die hemel offers te verbrand en vir haar drankoffers uit te giet, het ons aan alles gebrek gehad en het ons deur die swaard en van hongersnood omgekom.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar toe het ons opgehou om offers te bring vir die koningin van die hemel en ons het opgehou om vir haar drank-offers uit te gooi. Van toe af het ons min kos gehad, en toe het ons begin sterf in oorlog en van honger.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar vandat ons opgehou het om vir die koningin van die hemel wierook te brand en drank uit te gooi as ’n offer aan haar, gaan dit sleg met ons. Ons het niks. Ons mense gaan dood in oorloë en van honger omdat daar nie kos is nie.”