Jeremiah 44:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het al die manne wat geweet het dat hulle vrouens vir ander gode reukwerk laat opgaan het, en al die vroue wat daar gestaan het, 'n groot menigte, die hele volk wat in Egipteland in Patros gewoon het, Jeremia geantwoord en gesê: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Groot groep van die Judeërs wat in Patros in Egipte gewoon het, was bymekaar. Die groep het bestaan uit mans wat geweet het dat hulle vroue wierook vir ander gode gebrand het, en die vroue wat daar rondgestaan het. Hulle almal het Jeremia geantwoord en gesê: |
| Afrikaans 1933/1953 | En al die manne wat geweet het dat hulle vroue vir ander gode rook laat opgaan, en al die vroue wat daar staan, 'n groot menigte, en die hele volk wat in Egipteland, in Patros gewoon het, het Jeremia geantwoord en gesê: |
| Afrikaans 1983 | Die mans, wat almal geweet het dat hulle vrouens vir ander gode offer, en al die vrouens wat teenwoordig was, 'n hele menigte, trouens, almal wat daar in Egipte in Patros gewoon het, het toe vir Jeremia gesê: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die manne wat geweet het dat hulle vroue vir ander gode offers verbrand, en al die vroue wat daar gestaan het, 'n groot byeenkoms, ja, die hele volk wat in Egipteland in Patros gewoon het, het Jeremia geantwoord: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was mans wat geweet het dat hulle vroue wierook-offers bring vir ander gode. Hulle en al die vroue wat in die groot volksvergadering gestaan het, almal wat in Egipte en die land Patros gewoon het, het vir Jeremia gesê: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Groot groep van die Judeërs wat in Patros in Egipte gebly het, was bymekaar. Die groep het bestaan uit mans wat geweet dat hulle vroue wierook vir ander gode gebrand het. Verder ook nog uit ’n groep vroue wat daar rondgestaan het. Hulle almal het Jeremia geantwoord en gesê: |