Jeremiah 44:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat niemand van die oorblyfsel van Juda wat na Egipteland getrek het om daar as vreemdeling te vertoef, sal ontvlug of oorbly om terug te keer na die land Juda waarheen hulle begeer om terug te keer om daar te woon nie; niemand sal terugkeer nie, behalwe die wat ontvlug het.
Afrikaans (NLV) 2011 Sommige van die mense wat in Juda oorgebly het en in Egipte kom woon het, het gehoop om weer na Juda terug te keer en daar te leef. Niemand sal weer daar gaan woon nie, behalwe ’n paar wat sal ontsnap.”
Afrikaans 1933/1953 sodat daar geeneen sal wees wat ontvlug of vryraak vir die oorblyfsel van Juda wat in Egipteland gekom het om daar as vreemdelinge te vertoef nie, dat hulle kan teruggaan in die land Juda waar hulle siel na verlang om terug te gaan, om daar te woon; want hulle sal nie teruggaan behalwe enkele vlugtelinge nie.
Afrikaans 1983 Daar sal nie een vrykom van dié wat van Juda oor is en wat in Egipte gaan woon het nie, nie een om na Juda toe terug te gaan nie, hoe hulle ook daarna verlang om terug te gaan en daar te gaan woon. Hulle sal nie teruggaan nie, nie vrykom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat nie een uit die oorblyfsel van Juda wat gegaan het om daar in Egipteland as vreemdelinge te woon, sal ontkom of ontvlug om te kan terugkeer na die land Juda nie, die land waarna hulle sal verlang om heen terug te gaan, om daar te gaan woon. Ja, hulle sal nie teruggaan nie, net 'n paar vlugtelinge.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nie een van hierdie Judeërs wat oorgebly het en wat in Egipte vreemdelinge wil wees, sal aanhou lewe nie. Hulle sal later wil teruggaan na die land Juda om daar te woon, maar hulle sal nie kan terugkom nie. Daar sal min van hulle oorbly wat lewe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Niemand van die mense wat oorleef het in Juda toe die res van die mense na Babel toe weggevat is, sal in Egipte oorleef nie. Hulle het gedink dat hulle net tydelik in Egipte sou kom bly en dan permanent na Juda sou teruggaan. Maar net ’n paar mense sal die rampe in Egipte oorleef en dit regkry om na Juda toe terug te gaan.”