Jeremiah 44:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Ek sal besoeking doen oor die bewoners van Egipteland, soos Ek Jerusalem besoek het met die swaard, die hongersnood en die pes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal hulle in Egipte straf net soos Ek hulle in Jerusalem gestraf het, deur oorloë, hongersnood en siektes. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal besoeking doen oor die wat in Egipteland woon, soos Ek besoeking gedoen het oor Jerusalem deur die swaard, die hongersnood en die pes; |
| Afrikaans 1983 | Ek sal dié wat in Egipte woon, straf soos Ek dié in Jerusalem gestraf het: met oorlog, met hongersnood, met pes. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal van hulle wat in Egipteland woon, rekenskap eis soos Ek dit van Jerusalem geëis het met die swaard, met hongersnood en met pessiekte, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal die Judeërs wat in Egipte woon, straf soos Ek die mense van Jerusalem gestraf het. Hulle sal sterf in oorlog en van honger en van pes. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal hulle in Egipte straf net soos Ek hulle in Jerusalem gestraf het. Hulle voorland is om dood te gaan in oorlog, van honger te sterf of die slagoffers van epidemies te wees. |