Jeremiah 44:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal die oorblyfsel van Juda neem wat hulle aangesig gerig het om na Egipteland te gaan om daar as vreemdelinge te vertoef, en hulle sal almal verteer word en val in Egipteland; hulle sal selfs deur die swaard en die hongersnood verteer word; hulle sal sterwe, van die kleinste tot die grootste, deur die swaard en deur die hongersnood; en hulle sal 'n spot en 'n verbasing en 'n vloek en 'n verwyt. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal die groep mense wat in Juda oorgebly het, maar aandring om in Egipte te woon, uitwis. Hulle sal in Egipte sterf, deur oorloë of van hongersnood. Almal, klein en groot, sal sterf. Dit sal mense met afgryse vervul. Die volke van die wêreld sal julle as ’n vloek beskou en met julle spot. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal die oorblyfsel van Juda wegneem, wat hulle aangesig gerig het om na Egipteland te trek, om daar as vreemdelinge te vertoef; en hulle sal almal in Egipteland omkom. Deur die swaard sal hulle val, deur die hongersnood sal hulle verteer word, groot sowel as klein; deur die swaard en die hongersnood sal hulle sterwe; en hulle sal 'n voorwerp van verwensing, van verbasing en van vervloeking en smaad word. |
| Afrikaans 1983 | Ek gaan dié wat van Juda oor is en wat besluit het om hier in Egipte te kom woon, heeltemal vernietig. Julle sal almal deur die oorlog en deur hongersnood afgemaai word in Egipte. Van klein tot groot sal sterf deur oorlog en deur hongersnood. Julle name sal gebruik word wanneer mense ander wil vervloek, wil bang maak, iets slegs wil toewens of wil verneder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal die oorblyfsel van Juda wegraap, hulle wat vasbeslote was om na Egipteland te gaan om daar as vreemdelinge te woon; hulle sal almal omkom. In Egipteland sal hulle val deur die swaard; van honger sal hulle omkom; van die kleinste tot die grootste sal deur die swaard en van honger omkom. Hulle sal 'n voorbeeld van verdoeming, 'n skrikbeeld, 'n vervloeking en 'n bespotting word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Judeërs wat oorgebly het, sal almal sterf in Egipte, almal wat besluit het om na Egipte te gaan en daar vreemdelinge te wees. Vyande sal hulle doodmaak en hulle sal sterf van honger. Vyande sal almal doodmaak, onbelangrike en belangrike mense, en hulle sal sterf van honger. Mense sal hulle name gebruik om ander mense te vervloek en bang te maak en te beledig en te spot. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal die groep mense wat in Juda oorgebly het, maar aangedring het om in Egipte te bly, uitwis. Hulle sal in Egipte in geweld of van die honger doodgaan. Almal, van klein tot groot, sal op so ’n manier doodgaan. Mense sal skrik as hulle sien wat met julle gebeur het. Die volke van die wêreld sal julle naam gebruik om mekaar te vloek of met julle te spot. |