Jeremiah 44:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle is nie verneder tot vandag toe nie, en hulle het nie gevrees en in my wet en in my insettinge wat Ek aan julle en julle vaders voorgehou het, nie gewandel nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tot vandag toe het hulle nie gewys dat hulle daaroor spyt of bang is nie. Niemand steur hulle ook aan my voorskrifte en hoe Ek dinge gedoen wil hê nie. Ek het dit vir julle en julle voorouers gegee om te doen, maar hulle het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle is tot vandag toe nie verbrysel van hart nie, en hulle was nie bevrees en het nie gewandel in my wet en in my insettinge wat Ek julle en jul vaders voorgehou het nie. |
| Afrikaans 1983 | Julle het tot vandag toe nie berou daaroor nie, julle het nog nie eerbied vir My nie, julle leef nog nie volgens my wet en my voorskrifte wat Ek vir julle en julle voorvaders gegee het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Tot vandag toe is hulle nie gebroke of bevrees nie, en volg hulle nie my wet en vaste voorskrifte wat Ek aan julle en julle voorouers voorgehou het nie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle is tot vandag toe nie jammer daaroor nie, julle was nie bang nie. Julle het nie gedoen wat Ek vir julle voorvaders en vir julle gesê het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Tot vandag toe het julle nie gewys julle is jammer nie. Niemand is ook bang omdat hulle verkeerd gedoen het nie. Niemand steur hulle ook aan my voorskrifte en hoe Ek dinge gedoen wil hê nie. Ek het dit alles vir julle en julle voorouers gesê om te doen, maar julle het nie.” |