Jeremiah 44:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die woord wat tot Jeremia gekom het oor al die Jode wat in Egipteland woon, wat in Migdol en in Tagpanhes en in Nof en in die land Patros woon, en gesê: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jeremia het ’n boodskap ontvang oor die Judeërs wat in Egipte gewoon het. Hulle was in Migdol, Tagpanges, Memfis en in die Patrosstreek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die woord wat tot Jeremia gekom het aan al die Jode wat in Egipteland woonagtig was, wat in Migdol en in Tagp nhes en in Nof en in die land Patros gewoon het: |
| Afrikaans 1983 | Die woord van die Here wat gekom het tot Jeremia vir al die Judeërs wat in Egipte gewoon het, in Migdol, in Tagpanges, in Memfis en in die Patrosstreek: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is die woord wat tot Jeremia gekom het vir al die Judeërs wat in Egipteland woon, wat in Migdol, Tagpanhes en Nof, en in die land Patros woon: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Jeremia gestuur om te praat met al die Judeërs wat gewoon het in die stede Migdol en Tagpanges en Nof, en in die land Patros. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het vir Jeremia ’n boodskap gegee vir die Judeërs wat in Egipte gebly het. Hulle was in Migdol, Tagpanges, Memfis en die Patrosstreek. |