Jeremiah 43:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Neem groot klippe in jou hand en steek dit weg in die klei in die baksteenoond wat by die ingang van Farao se huis in Tagpanhes is, voor die oë van die manne van Juda;
Afrikaans (NLV) 2011 “Gaan na die ingang van die farao se paleis in Tagpanges. Vat ’n paar groot klippe en druk hulle in die klei wat tussen die stene van die plaveisel is. Doen dit waar die mense van Juda jou kan sien.
Afrikaans 1933/1953 Neem groot klippe in jou hand en begrawe hulle in klei in die vierkant wat by die ingang van Farao se paleis in Tagp nhes is, voor die oë van die Joodse manne;
Afrikaans 1983 Vat groot klippe en begrawe hulle in die grond, in die kleivloer van die ingang na die farao se paleis in Tagpanges. Doen dit terwyl van die Judeërs jou sien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Neem groot klippe, en, terwyl die Judese manne toekyk, steek dit weg in die klei by die steenvorms wat by die ingang na 'n gebou van die farao in Tagpanhes is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet groot klippe neem en jy moet hulle wegsteek in die klei onder die baksteenvloer voor die gebou van die farao in Tagpanges. Die Judeërs moet sien wanneer jy dit doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Gaan na die farao se paleis wat in Tagpanges is. Daar is ’n stuk plaveisel voor die ingang van die paleis. Vat ’n paar groot klippe en druk hulle in die klei wat tussen die stene van die plaveisel is. Maar doen dit so dat die mense van Juda jou sien as jy dit doen.