Jeremiah 43:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Selfs mans en vroue en kinders en die dogters van die koning en elke persoon wat Nebusaradan, die owerste van die lyfwag, by Gedalja, die seun van Ahikam, die seun van Safan, en die profeet Jeremia en Barug, die seun van Nería, agtergelaat het.
Afrikaans (NLV) 2011 Onder die groep mense was mans, vroue, kinders en ook koning Sedekia se dogters asook al die mense wat Nebusaradan, hoof van die koninklike lyfwag, onder die sorg van Gedalja seun van Agikam, kleinseun van Safan gelaat het, asook van Jeremia en Baruk seun van Nerija.
Afrikaans 1933/1953 die manne en die vroue en die kinders en die dogters van die koning en al die mense wat Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, by Ged lja, die seun van Ah¡kam, die seun van Safan, laat staan het -- ook die profeet Jeremia en Barug, die seun van Ner¡a --
Afrikaans 1983 mans, vrouens en kinders, en ook die prinsesse en al die ander wat deur die hoof van die lyfwag Nebusaradan onder die sorg van Gedalja seun van Agikam, seun van Safan, geplaas was, ook die profeet Jeremia en Baruk seun van Nerija.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) die manne, die vroue en kinders, die dogters van die koning, en al die mense wat Nebusaradan, die •aanvoerder van die lyfwag, by Gedalja, seun van Agikam, seun van Safan, gelaat het, ook die profeet Jeremia en Barug, seun van Nerija.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het die mans gevat en die vroue en kinders en oumense, en die prinsesse en almal wat Nebusaradan, die hoof-offisier van die Galdeërs, by Gedalja laat bly het, en ook die profeet Jeremia en Baruk, seun van Nerija.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Onder die groep mense was mans, vroue, kinders en ook koning Sedekia se dogters. Verder ook al die mense wat Nebusaradan in Gedalja se sorg gelos het. Nebusaradan was die hoof van die Babiloniese koning se persoonlike wagte. Jeremia en Baruk was ook onder die groep mense wat hulle met hulle saamgevat het.