Jeremiah 43:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Jóhanan, die seun van Kareag, en al die owerstes van die leërs, het die hele oorblyfsel van Juda geneem wat teruggekeer het van al die nasies waarheen hulle verdryf is, om in die land Juda te woon;
Afrikaans (NLV) 2011 Joganan en die offisiere het toe al die mense van Juda wat oorgebly het nadat hulle teruggekeer het uit die lande waarheen hulle gevlug het, saam met hulle geneem.
Afrikaans 1933/1953 Maar Johanan, die seun van Kar,ag, en al die owerstes van die leërs het die hele oorblyfsel van Juda geneem wat uit al die nasies waarheen hulle verdryf was, teruggekom het om in die land Juda te woon,
Afrikaans 1983 Hulle het almal saamgevat wat van Juda oor was, wat van oral waar hulle onder die ander nasies verstrooi was, teruggekom het om in Juda te bly,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Joganan, seun van Kareag, en al die bevelvoerders van die leërafdelings het almal wat oorgebly het van Juda saamgeneem, hulle wat teruggekom het uit al die nasies waarheen hulle verdryf is om in die land Juda as vreemdelinge te woon –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het almal gevat wat oorgebly het, almal wat teruggekom het van die ander volke na wie toe hulle gevlug het en wat in Juda kom woon het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joganan en die offisiere vat toe al die Joodse mense wat eers na buurlande toe gevlug het en toe weer in Juda kom bly het, saam met hulle.