Jeremiah 43:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Johanan, die seun van Kareag, en al die owerstes van die leërs en die hele volk het toe nie na die stem van die HERE geluister om in die land Juda te woon nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Joganan en al die weermagoffisiere en ook die gewone mense wou nie die Here se opdrag gehoorsaam om in Juda te bly nie.
Afrikaans 1933/1953 So het Johanan, die seun van Kar,ag, en al die owerstes van die leërs en die hele volk dan nie geluister na die stem van die HERE om in die land Juda te bly nie.
Afrikaans 1983 Joganan seun van Kareag, die leëraanvoerders en die manskappe wou nie een die Here gehoorsaam en in Juda bly nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Joganan, seun van Kareag, en al die bevelvoerders van die leërafdelings en die hele volk het toe nie geluister na die stem van die Here om in die land Juda te bly nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joganan en al die offisiere en al die ander mense was nie gehoorsaam aan die Here nie, hulle wou nie in die land Juda bly nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joganan en al die weermagoffisiere en ook die gewone mense wou nie luister na die Here se opdrag om in Juda te bly nie.