Jeremiah 43:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Barug, die seun van Nería, het jou teen ons aangesê om ons oor te gee in die hand van die Chaldeërs, sodat hulle ons kan doodmaak en ons as gevangenes wegvoer na Babel.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is Baruk seun van Nerija wat jou teen ons opgesteek het sodat ons in die mag van die Babiloniërs kan beland. Hulle sal ons doodmaak of in ballingskap na Babel toe neem.”
Afrikaans 1933/1953 Maar Barug, die seun van Ner¡a, hits u teen ons op om ons oor te gee in die hand van die Chaldeërs, dat hulle ons kan doodmaak en ons in ballingskap na Babel kan wegvoer.
Afrikaans 1983 Dit is Baruk seun van Nerija wat jou teen ons opstook om ons in die mag van die Galdeërs te laat beland sodat hulle ons kan doodmaak of ons na Babel toe kan verban!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar Barug, seun van Nerija, het jou teen ons opgestook om ons so oor te gee in die hand van die Galdeërs om ons dood te maak of ons in ballingskap na Babilonië weg te voer.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nee, dit is Baruk seun van Nerija wat gesê het jy moet téén ons wees. Hy wil hê jy moet die Galdeërs help om ons te vang en dood te maak of om ons weg te vat na Babel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is Baruk die seun van Nerija wat jou teen ons opgesteek het. Hy wil hê die Babiloniërs moet ons in die hande kry. Hulle sal ons dan doodmaak of uit ons land uit wegvat Babel toe.”