Jeremiah 43:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Asárja, die seun van Hosaja, en Jóhanan, die seun van Kareag, en al die trotse manne, vir Jeremia gesê: Jy spreek vals; die HERE onse God het jou nie gestuur om te sê: Gaan nie na Egipte om daar as vreemdeling te vertoef nie.
Afrikaans (NLV) 2011 het Asarja die seun van Hosaja en Joganan seun van Kareag en al die arrogante mans by hulle vir Jeremia gesê: “Jy lieg! Die Here ons God het jou nie gestuur om vir ons te sê ons mag nie in Egipte gaan woon nie!
Afrikaans 1933/1953 het As rja, die seun van Hos ja, en Johanan, die seun van Kar,ag, en al die vermetele manne gespreek en aan Jeremia gesê: U spreek onwaarheid; die HERE onse God het u nie gestuur om te sê: Julle mag nie na Egipte trek om daar as vreemdelinge te vertoef nie.
Afrikaans 1983 het Asarja seun van Hosaja, en Joganan seun van Kareag, en al die ander hooghartige manne, vir Jeremia gesê: “Jy lieg! Die Here ons God het jou nie beveel om vir ons te sê ons moenie na Egipte toe gaan om daar te gaan woon nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) het Asarja, seun van Hosaja, en Joganan, seun van Kareag, en al die aanmatigende manne geantwoord. Hulle het vir Jeremia gesê: “Jy praat leuens! Die Here ons God het jou nie gestuur om te sê, ‘Julle moenie na Egipte gaan om daar as •vreemdelinge te gaan woon nie;’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) het Asarja en Joganan en ander onbeskofte manne vir hom gesê: “Jy vertel leuens. Ons God die Here het jou nie gestuur om vir ons te sê ons moenie na Egipte gaan om daar vreemdelinge te wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) het Asarja seun van Hosaja en Joganan seun van Kareag en party van die arrogante mans by hulle vir Jeremia gesê: “Jy lieg! Die Here ons God het jou nie gestuur om vir ons te sê ons mag nie in Egipte gaan bly nie!