Jeremiah 43:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal 'n vuur aansteek in die huise van die gode van Egipte; en hy sal hulle verbrand en hulle as gevangenes wegvoer; en hy sal daarvandaan in vrede uitgaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal die tempels van die Egiptiese gode aan die brand steek en die afgode met vuur verbrand of as buit wegvat. Hy sal Egipte skoonmaak soos ’n herder van insekte in sy klere ontslae raak. Daarna sal hy rustig daarvandaan weggaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal 'n vuur aansteek in die huise van die gode van Egipte; en hy sal hulle verbrand en hulle as gevangenes wegvoer; en hy sal hom wikkel in die land van Egipte soos 'n herder hom wikkel in sy kleed, en hy sal daarvandaan in vrede wegtrek. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal die tempels van Egipte afbrand en Nebukadnesar sal die gode verbrand of hulle as buit saamvat. Hy sal Egipte so skoon stroop soos wanneer 'n skaapwagter luise soek in sy klere, en daarna sal hy ongehinderd vertrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sal 'n vuur aansteek in die tempels van die gode van Egipte. Hy sal dit afbrand en hulle wegvoer as gevangenes. Hy sal Egipteland skoon pluk soos 'n herder sy kleed skoon pluk van luise, en hy sal ongedeerd daarvandaan wegtrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En Ek sal 'n vuur aansteek in die tempels van die gode van Egipte. Nebukadnesar sal die tempels verbrand en hy sal die gode wegvat. Hy sal die mense van Egipte vang soos 'n skaapwagter luise in sy klere vang, en hy sal weggaan, niemand sal hom keer nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal die tempels van die Egiptiese gode aan die brand steek. Hulle afgode sal deur die vuur verbrand word of as buit weggevat word. Hy sal Egipte skoonmaak soos ’n herder van insekte in sy klere ontslae raak. Daarna sal hy ewe rustig weggaan. |