Jeremiah 43:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as hy kom, sal hy Egipteland verslaan en die wat dood is, tot die dood red; en die wat vir gevangenskap tot gevangenskap is; en die wat vir die swaard tot die swaard is.
Afrikaans (NLV) 2011 Nebukadnesar sal kom en Egipte aanval. Wie bestem is om dood te gaan, sal doodgaan. Wie in ballingskap moet gaan, sal gaan. En wie deur geweld moet sterf, sal so sterf.
Afrikaans 1933/1953 En hy sal kom en Egipteland verower: wie vir die pes bestem is, vir die pes; en wie vir die gevangenskap, vir die gevangenskap; en wie vir die swaard, vir die swaard!
Afrikaans 1983 Nebukadnesar sal kom en Egipte verslaan. Wie aan pes moet sterf, sal aan pes sterf; wie as gevangene weggevoer moet word, sal as gevangene weggevoer word; wie met die swaard doodgemaak moet word, sal met die swaard doodgemaak word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sal kom en Egipteland verslaan. Wie vir die dood bestem is, sal uitgelewer word aan die dood, wie vir gevangenskap bestem is, aan gevangenskap, wie vir die swaard bestem is, aan die swaard.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sal kom en hy sal die mense van Egipte aanval. Party van hulle sal sterf van pes, hy sal party van hulle vang en wegvat, hy sal party van hulle doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nebukadnesar sal kom en Egipte aanval. Die mense se lot is reeds bepaal. Dié wat moet doodgaan, sal doodgaan. Die mense wat gevange geneem moet word, sal gevang word en dié wat deur geweld moet sterf, sal so sterf.