Jeremiah 43:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sê vir hulle: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel; Kyk, Ek stuur en neem Nebukadrésar, die koning van Babel, my dienaar, en Ek sal sy troon sit op hierdie klippe wat Ek verberg het; en hy sal sy koninklike hut oor hulle uitsprei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sê vir die mense van Juda die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: ‘Julle kan julle maar klaarmaak. Ek gaan my kneg Nebukadnesar, die koning van Babel, hier na Egipte toe laat kom. Ek sal sy troon neersit op hierdie klippe wat Ek weggesteek het. Hy sal sy koninklike tent bo-oor dit opslaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | en sê vir hulle: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek stuur en laat my kneg Nebukadr,sar, die koning van Babel, haal, en Ek sal sy troon neersit bo-op hierdie klippe wat Ek begrawe het; en hy sal sy pragtapyt daaroor uitspan. |
| Afrikaans 1983 | Dan moet jy vir hulle sê: So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Ek laat my dienaar koning Nebukadnesar van Babel haal en Ek sit sy troon bo-oor dié klippe wat Ek laat begrawe het en Ek span sy troonhemel daaroor. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sê dan vir hulle, ‘So sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel: “Kyk, Ek gaan my dienskneg, Nebukadresar, die koning van Babilonië, ontbied, en Ek sal sy troon plaas op hierdie klippe wat Ek hier weggesteek het, en hy sal die mat vir sy troon daaroor uitrol. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan moet jy vir die Judeërs sê: Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Luister na My, Ek sal my dienaar koning Nebukadnesar van Babel laat kom en Ek sal sy troon neersit bo-op hierdie klippe wat Ek weggesteek het, en hy sal sy tent daar bo-op die klippe opslaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sê dan vir die mense van Juda die Here wat die God van Israel is, sê: Julle kan julle klaarmaak, Ek gaan Nebukadnesar, die koning van Babel, hier na Egipte toe laat kom. Hy is in my diens. Ek sal hom sy troon laat neersit hier waar Ek hierdie klippe laat wegsteek het. Hy sal sy koninklike tent bo-oor die plek opslaan. |