Jeremiah 42:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Of dit goed of sleg is, ons sal luister na die stem van die HERE onse God na wie ons jou stuur; sodat dit met ons goed kan gaan as ons na die stem van die HERE onse God luister. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Of dit nou goed of sleg is, ons sal die Here ons God gehoorsaam. Ons het jou na Hom gestuur om raad te vra. Dit sal met ons goed gaan as ons Hom gehoorsaam en doen wat Hy sê.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat dit goed of sleg wees -- ons sal luister na die stem van die HERE onse God na wie ons u stuur, dat dit met ons goed kan gaan as ons luister na die stem van die HERE onse God. |
| Afrikaans 1983 | Of dit nou goed of sleg vir ons is, ons sal gehoorsaam wees aan die Here ons God na wie toe ons jou stuur, sodat dit met ons goed sal gaan. Ons sal gehoorsaam wees aan die Here ons God.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Of dit nou goed of sleg is, na die stem van die Here ons God, na wie ons u stuur, sal ons luister, sodat dit met ons goed kan gaan as ons luister na die stem van die Here ons God.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons het jou gestuur na ons God die Here toe en ons sal doen wat Hy sê, dit maak nie saak of dit goed of sleg is nie. Ons weet dit sal goed gaan met ons as ons doen wat ons God die Here sê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Of ons nou daarvan hou of nie, ons sal die Here ons God gehoorsaam. Dit was tog ons idee om jou na Hom te stuur om raad te vra. Dit sal goed met ons gaan as ons aan Hom gehoorsaam is en doen wat Hy sê.” |