Jeremiah 42:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê hulle vir Jeremia: Die HERE moet 'n waaragtige en getroue getuie tussen ons wees as ons nie doen volgens alles waarvoor die HERE jou God jou na ons toe sal stuur nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het vir Jeremia gesê: “Mag die Here ’n betroubare getuie teen ons wees as ons weier om te doen wat die Here u God u gestuur het om aan ons oor te dra. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê hulle vir Jeremia: Laat die HERE 'n waaragtige en geloofwaardige getuie teen ons wees as ons nie stip handel ooreenkomstig elke woord waarmee die HERE u God u na ons sal stuur nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sê toe vir Jeremia: “Die Here self sal die betroubare en geloofwaardige getuie teen ons wees as ons nie alles doen wat die Here jou God jou opdra om vir ons te sê nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En hulle, hulle sê toe vir Jeremia: “Mag die Here 'n ware en betroubare getuie teen ons wees as ons nie presies optree volgens elke woord waarmee die Here u God u na ons stuur nie! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Húlle antwoord toe vir Jeremia en sê: “Die Here moet die getuie wees. Hy hoor wat ons sê, en Hy sal doen wat Hy sê. As Hy jou na ons toe stuur en ons doen nie alles wat Hy sê nie, dan moet Hy ons straf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het vir Jeremia gesê: “Ons roep die Here self as ’n getuie teen ons as ons nie doen wat Hy vir ons sê om te doen nie. Hy is eerlik en sal die waarheid praat. |