Jeremiah 42:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die profeet Jeremia vir hulle: Ek het julle gehoor; kyk, ek sal tot die HERE julle God bid volgens julle woorde; en alles wat die HERE julle antwoord, sal Ek julle verkondig; Ek sal niks van jou terughou nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierop het Jeremia gereageer en gesê: “Goed, ek hoor wat julle wil hê. Ek sal tot die Here julle God bid, soos julle versoek. Ek sal dan vir julle sê presies wat sy antwoord is. Ek sal niks vir julle wegsteek nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die profeet Jeremia het hulle geantwoord: Ek hoor; kyk, ek sal tot die HERE julle God bid volgens julle woorde; en alles wat die HERE julle antwoord, sal ek julle bekend maak; ek sal vir julle niks agterhou nie. |
| Afrikaans 1983 | Die profeet Jeremia het vir hulle gesê: “Ek het gehoor. Ek sal tot die Here julle God bid soos julle gevra het. Ek sal alles wat die Here vir julle wil sê, aan julle oordra. Ek sal niks vir julle wegsteek nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die profeet Jeremia het toe vir hulle gesê: “Ek het gehoor. Kyk, ek gaan tot die Here julle God bid, soos julle versoek, en ek sal elke woord wat die Here julle antwoord, aan julle bekend maak. Ek sal niks van julle weerhou nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die profeet Jeremia het vir hulle gesê: “Ek het gehoor wat julle vra. Goed, ek sal dit vra vir julle God die Here en ek sal vir julle alles sê wat die Here vir julle antwoord, ek sal alles sê wat Hy sê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jeremia het hulle geantwoord en gesê: “Goed, ek hoor wat julle wil hê. Ek sal met die Here wat julle God is, praat oor wat julle graag wil weet. Ek sal dan vir julle sê presies wat sy antwoord vir julle is. Ek sal niks vir julle wegsteek nie.” |