Jeremiah 42:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Weet dan nou beslis dat julle sal sterwe deur die swaard, deur die hongersnood en deur die pes, op die plek waarheen julle wil gaan en as vreemdeling vertoef. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle hou mos aan dat julle in Egipte wil gaan woon. Julle kan verseker wees dat julle daar in oorlog, of van honger, of van siekte sal doodgaan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Weet dan nou verseker dat julle deur die swaard, die hongersnood en die pes sal sterwe in die plek waarheen julle verkies om te trek om daar as vreemdelinge te vertoef. |
| Afrikaans 1983 | Weet nou verseker dat julle deur oorlog, deur hongersnood en deur pes sal sterf op die plek waar julle so graag wil gaan woon.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, weet vir seker dat julle deur die swaard, hongersnood en pessiekte sal sterf op die plek waarheen julle begeer om te gaan om daar as vreemdelinge te woon.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet julle weet dat julle sal sterf in oorlog en van honger en pes in die land waarnatoe julle wil gaan en waar julle vreemdelinge wil wees. Dit is seker.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle kan daarom vir seker weet dat julle in Egipte sal doodgaan. Julle hou mos aan dat julle daar wil gaan bly. Dit sal in ’n geveg gebeur of julle sal van die honger doodgaan of ’n epidemie sal julle tref.” |