Jeremiah 42:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nou het Ek dit vandag aan julle verkondig; maar julle het na die stem van die HERE julle God nie geluister nie, en ook nie na iets waarvoor Hy my na julle toe gestuur het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vandag het ek presies vir julle gesê wat Hy sê, maar julle sal nie gehoorsaam wees nie, nes julle nog nooit gedoen het wat die Here julle God gesê het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het ek julle dit dan vandag bekend gemaak, en julle het nie geluister na die stem van die HERE julle God, naamlik na alles waarmee Hy my na julle gestuur het nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar noudat ek vandag vir julle gesê het wat Hy sê, is julle ongehoorsaam aan die Here julle God, aan alles wat Hy my opgedra het om vir julle te sê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het dit vandag aan julle oorgedra, maar julle luister nie na die stem van die Here julle God oor alles waarmee Hy my na julle gestuur het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe ek vandag vir julle die boodskap van julle God bring, het julle nie geluister na Hom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vandag het ek mooi en duidelik vir julle gesê wat sy antwoord is, maar julle luister nie na wat die Here julle God vir julle sê om te doen nie. Om die waarheid te sê, julle het julle nog nooit aan enigiets gesteur wat Hy vir my gesê het om vir julle te sê nie. |