Jeremiah 42:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want julle het in julle harte gedros toe julle my na die HERE julle God gestuur het om te sê: Bid vir ons tot die HERE onse God; en volgens alles wat die HERE onse God sal sê, verkondig dit aan ons, en ons sal dit doen.
Afrikaans (NLV) 2011 “Julle het ’n fatale fout gemaak toe julle my gestuur het om tot die Here julle God te bid en te sê: ‘Sê net vir ons wat die Here sê en ons sal dit doen.’
Afrikaans 1933/1953 Want julle het gedwaal ten koste van julle lewe, dat julle my na die HERE julle God gestuur het, met die woorde: Bid tot die HERE onse God vir ons; en net soos die HERE onse God sal sê, maak dit ons so bekend en ons sal dit doen.
Afrikaans 1983 julle maak 'n fout! Julle lewe is op die spel. Julle het my na die Here julle God toe gestuur en gevra: ‘Bid vir ons tot die Here ons God, sê vir ons alles wat die Here ons God sê, ons sal dit doen.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want julle het julle eie lewens op die spel geplaas toe julle my na die Here julle God gestuur het met die woorde, ‘Bid vir ons tot die Here ons God! Alles wat die Here ons God sê, dra dit presies so aan ons oor, en ons sal dit uitvoer.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want julle maak 'n fout, en dit kan julle laat sterf. Júlle het my na julle God die Here toe gestuur en julle het vir my gevra: ‘Bid vir ons tot ons God die Here. Jy moet vir ons alles sê wat Hy sê, en ons sal dit doen.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle maak ’n fout wat julle dood sal beteken. Julle het ewe mooi kom vra: ‘Sê net vir ons wat die Here se antwoord is en ons sal dit doen.’ Maar julle was nie eerlik nie.