Jeremiah 42:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het aan die profeet Jeremia gesê: Laat ons smeking tog welgevallig wees voor u aangesig, en bid vir ons tot die HERE u God, ook vir hierdie hele oorblyfsel; (want ons het maar min oorgebly van baie, soos u oë ons aanskou:) |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en vir die profeet Jeremia gesê: “Bid ernstig en tree vir ons in by die Here jou God. Soos jy kan sien, is ons maar net ’n klein groepie mense wat oor is van die volk wat ons eers was. |
| Afrikaans 1933/1953 | en aan die profeet Jeremia gesê: Laat ons smeking tog voor u kom en bid tot die HERE u God vir ons, vir hierdie hele oorblyfsel -- want ons het as 'n klein klompie uit baie oorgebly, soos u oë ons sien -- |
| Afrikaans 1983 | en vir hom gevra: “Doen tog asseblief wat ons vra, bid vir ons tot die Here jou God, vir ons almal wat oorgebly het. Soos jy ons hier sien, is ons die klompie wat oor is uit baie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en vir die profeet Jeremia gesê: “Laat ons smeekbede asseblief voor u neergelê word, en bid vir ons tot die Here u God, vir hierdie hele oorblyfsel, want ons het as 'n klein klompie oorgebly uit baie, soos u ons met u eie oë hier sien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hulle het vir hom gesê: “Ons vra asseblief, jy moet vir ons bid tot jou God die Here, bid vir ons wat nog lewe. Ons was baie mense, maar jy kan sien ons is nou min. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het vir Jeremia gevra: “Luister asseblief na wat ons vra en praat dan namens ons met die Here wat jou God is. Soos jy kan sien, is ons maar net ’n klein groepie mense wat oor is van die sterk volk wat ons eens was. |