Jeremiah 42:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE het aangaande julle gesê, o oorblyfsel van Juda! Moenie na Egipte gaan nie; weet beslis dat Ek julle vandag vermaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Here sê vir julle wat in Juda oorgebly het: Moenie na Egipte toe gaan nie! Onthou hierdie waarskuwing wat Ek vandag vir julle gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE het oor julle gespreek, o oorblyfsel van Juda: Trek nie na Egipte nie! Weet verseker dat ek julle vandag waarsku. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het vir julle gesê, julle wat van Juda oor is: Moenie na Egipte toe gaan nie! Toe sê Jeremia vir hulle: “Weet vir seker, ek waarsku julle vandag, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Die Here het oor julle uitspraak gelewer, oorblyfsel van Juda, ‘Moenie na Egipte gaan nie!’ Julle moet goed besef dat ek julle vandag gewaarsku het; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Mense van Juda, die Here sê vir julle wat nog lewe, julle moenie na Egipte gaan nie. Julle moet goed besef ek waarsku julle vandag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Here sê vir julle wat as ’n groep in Juda oorgebly het, die volgende: ‘Julle moenie na Egipte toe gaan nie!’ Onthou hierdie waarskuwing wat ek vandag vir julle gee. |