Jeremiah 42:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Soos my toorn en my grimmigheid uitgestort is oor die inwoners van Jerusalem; so sal my grimmigheid oor julle uitgestort word wanneer julle in Egipte ingaan; en julle sal 'n smaad en 'n verbasing en 'n vloek en 'n smaad wees; en julle sal hierdie plek nie meer sien nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: ‘Net soos Ek my woede en my toorn op die inwoners van Jerusalem uitgestort het, net so sal Ek maak met elke persoon wat na Egipte toe gaan. Julle sal ’n vloek wees, iets afgrysliks. Hulle sal met julle spot en julle naam gebruik om ander mee te vloek. En julle sal julle eie land nooit weer sien nie.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Soos my toorn en my grimmigheid uitgestort is oor die inwoners van Jerusalem, so sal my grimmigheid oor julle uitgestort word as julle na Egipte trek; en julle sal wees 'n voorwerp van verwensing, van verbasing, van vervloeking en van smaad, en julle sal hierdie plek nie meer sien nie. |
| Afrikaans 1983 | Ja, so sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Soos my toorn en my gramskap uitgestort is oor die inwoners van Jerusalem, so sal my toorn oor julle uitgestort word as julle na Egipte toe gaan. Julle name sal gebruik word wanneer mense ander wil vervloek, wil bang maak, iets slegs wil toewens of wil verneder, en julle sal hierdie plek nooit weer sien nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, so sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel: “Soos my toorn en woede oor die inwoners van Jerusalem losgebars het, so sal my woede oor julle uitbars wanneer julle na Egipte toe gaan. Julle sal 'n voorbeeld van verdoeming, 'n skrikbeeld, 'n vervloeking en 'n bespotting wees; en julle sal hierdie plek nooit weer sien nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Ek het kwaad geword vir die mense van Jerusalem en Ek het hulle gestraf. So sal Ek kwaad word vir julle en Ek sal julle straf as julle na Egipte gaan. Die mense sal julle name gebruik wanneer hulle ander mense wil vervloek of laat skrik of verneder of spot. En julle sal hierdie plek nooit weer sien nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here wat die God van Israel is, sê: “Net soos Ek die mense van Jerusalem my woede en my straf laat voel het, net so maak Ek met elke mens wat na Egipte toe sal gaan. Mense sal skrik en bang word as hulle sien wat met julle gebeur. Hulle sal met julle spot en julle naam gebruik om ’n ander mens mee te vloek. Julle sal julle eie land nooit weer sien nie. |