Jeremiah 42:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sal dit wees met al die manne wat hulle aangesig gerig het om na Egipte te gaan om daar as vreemdelinge te vertoef; hulle sal sterwe deur die swaard, deur die hongersnood en deur die pes; en niemand van hulle sal oorbly of ontvlug van die onheil wat Ek oor hulle sal bring nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit is wat vir elkeen van julle wag as julle aandring om in Egipte te gaan bly. Julle sal daar in die oorlog sterf of van honger omkom of ’n siekte-epidemie sal julle tref. Niemand van julle sal ontvlug of die rampe oorleef wat Ek oor julle sal bring nie.’
Afrikaans 1933/1953 Ja, al die manne wat hulle aangesig gerig het om na Egipte te trek om daar as vreemdelinge te vertoef, sal sterwe deur die swaard, die hongersnood en die pes; en daar sal vir hulle niemand wees wat vryraak of ontvlug van die onheil wat Ek oor hulle bring nie.
Afrikaans 1983 Ja, almal wat vasbeslote is om na Egipte toe te gaan en daar te woon, sal sterf deur oorlog, deur hongersnood en deur pes. Nie een van hulle sal vrykom en die rampe ontsnap wat Ek oor hulle sal bring nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die manne wat van voorneme is om na Egipte te gaan om daar as vreemdelinge te woon, sal deur die swaard, hongersnood en pessiekte sterf. Daar sal nie vir hulle iemand wees wat ontvlug van of ontkom aan die onheil wat Ek oor hulle sal bring nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die manne wat besluit om na Egipte te gaan en daar vreemdelinge te wees, sal sterf in oorlog of van honger of pes. Nie een sal kan vlug en wegkom van die swaarkry wat Ek oor hulle sal bring nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is wat vir elkeen van julle wag as julle daarop aandring om in Egipte te gaan bly. Julle sal daar doodgaan in ’n geveg of van honger omkom of deur die een of ander epidemie getref word. Niemand van julle sal kan wegkom of die rampe oorleef wat Ek julle daar sal laat tref nie.”