Jeremiah 42:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal die swaard waarvoor julle gevrees het, julle daar in Egipteland inhaal, en die hongersnood waarvoor julle bang was, sal julle daar in Egipte agternavolg; en daar sal julle sterwe.
Afrikaans (NLV) 2011 sal die oorloë wat julle vrees julle daar in Egipte tref. En die hongersnood waarvoor julle bang is, sal julle agtervolg. En uiteindelik sal julle in Egipte doodgaan.
Afrikaans 1933/1953 dan sal die swaard waar julle voor vrees, julle daar in Egipteland inhaal; en die honger waar julle voor bang is, sal daar in Egipte kort agter julle aankom, en julle sal daar sterwe.
Afrikaans 1983 sal die oorlog waarvoor julle bang is, julle daar in Egipte inhaal, en die hongersnood wat julle vrees, sal julle daarheen volg, en julle sal daar sterf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) dan sal die swaard waarvoor julle bang is, julle daar in Egipteland inhaal. Die hongersnood waaroor julle beangs is – daar in Egipte sal dit op julle hakke sit, en daar sal julle sterf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) sal gevegte en hongersnood julle agtervolg. En uiteindelik sal julle in Egipte doodgaan.